Local newsNews

Kleuters leer van omgewing

Babbel en Krabbel, is Vrydag deur die beoordelaars van DLGLO besoek om die kinders se kennis oor hul omgewing en die bewaring daarvan te toets.

Die Departement van Landbou, Grondhervorming, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake (DLGLO) het onlangs ‘n kompetisie vir kleuterskole in Mpumalanga geloods.
Bykans 200 skole het vir dié kompetisie, wat oor omgewingsbewustheid handel, ingeskryf.
Een van die skole, Babbel en Krabbel, is Vrydag deur die beoordelaars van DLGLO besoek om die kinders se kennis oor hul omgewing en die bewaring daarvan te toets.
Tydens die geleentheid het die gr.R-klas, mnr. Sias Burger (DLDLO), die departementele beoordelaars en me Elsie van Zweel (hoof) ‘n perskeboom geplant.
Die wenskool, wat op 3 November bekendgemaak word, staan ‘n kans om groot pryse te wen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button