Pretloop vir kinders met kanker
Verlede Saterdag het hulle ’n 5 km Family Fun Cancer Colour Bash pretloop by die Suikerbosskuur Venue, naby Amsterdam gehou ten bate van Rainbows & Smiles vir kinders met kanker.

Deanè Grobler (8)van Amersfoort, ‘n kanker “survivor”, vier dié jaar vyfde jaar in remissie.
Sy was skaars ’n jaar en twee maande oud toe sy diagnoseer is met Akute Myeloïde Leukemie (AML).
Hoewel Deané nou kankervry is het sy en haar familie nie vergeet van die siekte wat so baie raak nie.
Verlede Saterdag het hulle ’n 5 km Family Fun Cancer Colour Bash pretloop by die Suikerbosskuur Venue, naby Amsterdam gehou ten bate van Rainbows & Smiles vir kinders met kanker.
Ongeveer 142 deelnemers het die oggend opgedaag om die roete aan te durf.
Op die roete was vyf stoppunte by elke kilometer, die oranje,groen, pienk, blou en pers stalletjies het aan aan elke deelnemer ’n drankie en kleurpoeier eie aan die stalletjie se kleur gebied.
Na afloop van die pretloop het die deelnemers mekaar in ’n fees van kleur met die poeiers gepeper.
Die aand het hulle ’n Dine & Dance 4 Cancer Kidz gehou waar verskeie gasvrouens hul eie tafels behartig het,van dekor tot kos.
Daar was nege tafels wat elk R1000.00 ingesamel het, en ses gebreide Teddiebere is uitgeloot wat nog R3950 by die totaal gevoeg het.
Deané se ma, Colette bedank elke borg, vrywilliger en deelnemer wat bygedra het om die dag so spesiaal te maak.
Baie spesiale dank aan Ericka-en Josef Nienaber & seuns van Suikerbosskuur Venue wat die dag moontlik gemaak het.