Local newsNews

Polisie se onwilligheid bekommer boere

Die TLU-Oosstreek het Maandag 'n dringende vergadering gehou waarin kommer uitgespreek is oor die min en gebrekkige samewerking van sekere polisielede by polisiekantore in en om Ermelo met sake van veediefstal en algemene misdaad op plase.

Die TLU-Oosstreek het Maandag ‘n dringende vergadering gehou waarin kommer uitgespreek is oor die min en gebrekkige samewerking van sekere polisielede by polisiekantore in en om Ermelo met sake van veediefstal en algemene misdaad op plase.

Die vergadering is bygewoon deur mnr. Bosman Grobler, DA LUK:Landbou en Grondadministrasie Mpumalanga, me. Tarnia Barker, DA LP vir Mpumalanga, boere en opkomende boere asook lede van die gemeenskap.

Mnr. Danie du Plessis, bestuurder TLU-Oosstreek, het gesê veediefstal vier tans hoogty in die streek.

Maar die oënskynlike onwilligheid van sekere polisielede om behulpsaam te wees wanneer klagtes gelê word, veral by polisiekantore in die landelike gebiede, is ‘n bron van kommer wat dringende aandag op provinsiale sowel as nasionale vlak moet geniet.

Die verskynsel lei tot erge finansiële skade, veral vir swart en opkomende boere wie se kuddes klein is.

“Daar word soms tot 20 en 40 skape op ‘n slag gesteel wat ‘n gevoelige verlies beteken vir ‘n klein boer,” het mnr. Du Plessis gesê.

Knelpunte wat tydens die vergadering bespreek is, sluit in die traagheid van sekere polisielede om sake te open en behoorlik te ondersoek asook beskuldigings van rassisme teenoor klaers.

Die skynbare betrokkenheid van sekere polisielede in misdadige aktiwiteite, die gebruik van staatsvoertuie vir privaat doeleindes en stadige reaksietyd van polisielede om op voorvalle te reageer, is van die ander punte wat bespreek is.

“Dit wil voorkom of die onwilligheid van polisielede om sake te open ‘n manier is om misdaadsyfers vir sekere gebiede so laag as moontlik te hou.
“Daar moet onthou word dat alle sake wat geopen word, weerspieël word in die nasionale en provinsiale misdaadsyfers, terwyl ‘n blote ondersoek sonder dat dit in ‘n dossier opgeteken is, nêrens aangeteken word nie,” het mnr. Du Plessis gesê.

“Dit skep ‘n wanvoorstelling van wat werklik op grondvlak aangaan.

“Die owerhede sal baie dringend ondersoek moet instel. Dit kan nie so aangaan nie,” het hy bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button