UKUBA – om te word
UKUBA is ’n inisiatief van die familie van die NG Kerke in Suidelike Afrika om vroeë kinderontwikkeloing te bevorder as deel van hul stryd teen armoede en sosiale ongeregtigheid.
Personeel en vrywilligers van die plaaslike CMR Kinder-en jeugsorgsentrum het onlangs het onlangs die UKUBA vroeë kinderontwikkelingsprogram bygewoon.
UKUBA is ’n inisiatief van die familie van die NG Kerke in Suidelike Afrika om vroeë kinderontwikkeloing te bevorder as deel van hul stryd teen armoede en sosiale ongeregtigheid.
Vroeë kinderontwikkeling gaan oor versorgers wat omgee vir babas, kleuters en jong kinders in gemeenskappe waar geen kleuterskole is of families wat nie kleuterskole kan bekostig nie.
Die versorgers sluit vennootskappe met ouers en moedig hulle aan om deel te neem in aktiwiteite om sodoende die gesinsbande te versterk en belangrike ondersteuningstelsels in die gemeenskap te word.
Die UKUBA-model is gemeenskaps vriendelik , dit kos niks en kan deur ’n ma van ’n kleuter aan haar eie kind en ander kinders in die omgewing aangebied word.
’n Kleuter wat die nodige voorskoolse stimulasie en voorbereiding ontvang het n groter kans op ’n suksesvolle skoolloopbaan.
Die CMR nooi die gemeenskap en kerke uit om deel te word van dié inisiatief, vir meer inligting skakel die plaaslike CMR kantoor by 017 819 1163 of Sonja van Niekerk by 017 811 2424.