GeneralNews

Rian en Selma groet Ermelo

"39 jaar is 'n lang tyd en ons groet Ermelo met gemengde gevoelens. Ons gaan die mense mis, maar sien ook uit om in ons nuwe huis te gaan bly".

“39 jaar is ‘n lang tyd en ons groet Ermelo met gemengde gevoelens. Ons gaan die mense mis, maar sien ook uit om in ons nuwe huis te gaan bly”.

Dit was die woorde van Rian en Selma Grobler wat vroeg in Desember Ermelo verlaat vir ‘n huis op Golf Village in Cullinan.

Die egpaar het hulle 39 jaar gelede in Ermelo kom vestig.

Selma was toe ‘n pas-gekwalifiseerde verpleegsuster wat by die provinsiale hospitaal werksaam was en Rian was betrokke by Transtel.

Twee kinders, Renette en Renier, is uit hul huwelik gebore en hulle het later vyf kleinkinders ryker geword.

Rian het etlike jare gelede afgetree en homself uitgeleef in fotografie wat vir hom ‘n interessante stokperdjie en tydverdryf is.

Selma het later die bekende gesig van die Kankervereniging (Kansa) geword waar sy 16 jaar werksaam was.

Daarna het sy vir 11 jaar by Mediclinic Ermelo gewerk waar sy twee jaar gelede afgetree het, maar steeds onder die verpleegagentskap bly werk het.

Sy was vir baie jare nou betrokke by die Ermelo-skou en sal beslis daar gemis word.

Selma was ook betrokke by die tuinbouklub en het daar op die bestuur gedien.

Sy en Rian was ook vir etlike jare Rotatiër-lede.

Dié besige vrou is nog lank nie van voorneme om stil te gaan sit nie en gaan nog deeltyds verpleeg en in haar vrye tyd haar liefde vir bak en brou uitleef.

Selma was baie betrokke by liefdadigheid en veral by die Droom Groot Projek wat gefokus het op minderjarige kinders se behoeftes.

Sy gee nou die leisels oor aan Shannon Kleynhans wat haar goeie werk sal voortsit.

Die egpaar beloof om nog gereeld ‘n draai in Ermelo te kom maak, aangesien haar seun, skoondogter en twee van haar kleinkinders hier agterbly.

“Ons gaan nie die geleentheid hê om elkeen persoonlik te groet nie, maar groet hiermee en bedank terselfdertyd al ons goeie vriende wat deur die jare deel van ons lewens was,” het Selma en Rian gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button