Editor's choiceLocal newsNews

Ermelo Lugvaartassosiasie aanloopbaan se ligte gesteel

Nuwe probleem het sy kop uitgesteek langs die aanloopbaan van die Ermelo Lugvaartassosiasie.

Nuwe probleem het sy kop uitgesteek langs die aanloopbaan van die Ermelo Lugvaartassosiasie.

Nadat die vereniging teen ‘n aansienlike koste ligte met energie-besparende gloeilampe langs die aanloopbaan aangebring het, is sowat 20 van dié gloeilampe reeds gesteel.

Op die eindpunte van die aanloopbaan is groen en rooi gloeilampe ingesit wat dit makliker vir die vlieëniers maak om te sien waar die begin- en eindpunt van die landingstrook is ten einde dit vir hulle makliker te maak om te land of op te styg.

Selfs dié belangrike gloeilampe het ook deurgeloop en dit maak die landing- en opstygprosedure ietwat moeiliker in die donker.

Die vliegklubgeriewe en die weerstasie is ook al vir twee weke sonder elektrisiteit en kragopwekkers word teen groot koste aangewend om krag op te wek.

Die munisipaliteit het onderneem om vandag (Dinsdag) iets aan dié probleem te doen.

Die Lugvaartassosiasie doen moeite om die vliegveld so veilig as moontlik vir die vlieëniers en besoekers te maak en vra die hulp van die publiek om dit so te hou.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button