Local newsNews

Dankie Ma

Tel die telefoon op en bel of SMS en sê vir jou ma dankie dat sy altyd daar is vir jou.

Dankie, Ma.

Twee klein woordjies met groot betekenis.

Maar hoe sê mens regtig dankie vir jou Ma vir alles wat sy deur die jare vir jou gedoen en beteken het?

Net ’n ma sal weet wat snags deur haar kop gegaan het terwyl sy ’n siek kind getroos het en op ’n kind gewag het om huis toe te kom.

Ook net ’n ma weet hoe om planne te maak as die kinders se behoeftes groot is en die geldjies min.

“Dankie, Ma” kan ’n dag ophelder en die lewe weer sin gee, al besef kinders dit nie altyd nie.

Tel die telefoon op en bel of SMS en sê vir jou ma dankie dat sy altyd daar is vir jou.

Ek weet wat dit vir my moederhart beteken om dit te hoor en ek glo elke ma deel my gevoelens.

Laat lewer sommer enige dag van die jaar ’n bos blomme af om te wys dat jy jou ma waardeer.

Bederf haar met ’n lekker maaltyd en was die skottelgoed. Die ruskansie sal haar die wêreld se goed doen.

“Dankie, Ma” is twee van die mooiste woorde op aarde. Vra my; ek is self ’n ma.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button