Kersgroete aan almal
Ek kan beswaarlik glo dit is alweer tyd om my Kersboodskap te tik. Die jaar het in ’n oogwink verbygesnel. Vanaf 22 Desember neem ons hier by die Hoëvelder ook net ’n kort blaaskansie om weer die batterye te herlaai en onsself gereed te maak vir die jaar wat voorlê. Ons gesin gaan nie die …

Ek kan beswaarlik glo dit is alweer tyd om my Kersboodskap te tik.
Die jaar het in ’n oogwink verbygesnel.
Vanaf 22 Desember neem ons hier by die Hoëvelder ook net ’n kort blaaskansie om weer die batterye te herlaai en onsself gereed te maak vir die jaar wat voorlê.
Ons gesin gaan nie die dorp verlaat nie omdat ons later in Januarie weer ’n paar dae ruskans gaan kry.
Bel my dus gerus as daar in die vakansie iets nuuswaardig in jou omgewing gebeur.
2017 was ’n jaar vol veranderinge en aanpassings, maar gou het ons daaraan ook gewoond geraak en weer in ’n roetine gekom.
Ek wil my grootste waardering aan ons lesers en kliênte uitspreek vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope jaar.
Ons waardeer dit opreg en glo dat ons nog ’n lang pad saam gaan loop.
Vir die gelukkiges wat bietjie weggaan en die lang paaie aandurf, ry assblief mooi en mag Onse Hemelse Vader ’n passasier in elkeen van julle se motors wees.
Vir dié wat tuisbly, geniet die ruskansie en gebruik die tyd om te ontspan en gereed te maak vir 2018.
Geseënde Kersfees.



