NewsSchools

Ermelo Hoërskool bied hulle jaarlikse interne redenaarskompetisie aan

‘n Rekordgetal van 25 leerders het vanjaar deelgeneem en volgens personeel was die standaard besonder hoog.

Ermelo Hoërskool het op Woensdag, 18 April, hulle jaarlikse interne redenaarskompetisie aangebied.

‘n Rekordgetal van 25 leerders het vanjaar deelgeneem en volgens personeel was die standaard besonder hoog.

Die volgende leerders sal op 17 Mei aan die eerste ronde van die ATKV-redenaarskompetisie by die skool deelneem.

Lees ook: Lusanti Brundyn van Ermelo Hoërskool is weer konsertmeester

In die senior onvoorbereide afdeling sal Tjaart Eloff, Vandré Swart en Zara Büchling die skool verteenwoordig en Charis Brundyn, Amy Greyling en Marni Prinsloo in die senior voorbereide afdeling.

In die junior onvoorbereide afdeling sal Dirk Maritz, Anke van Biljon en Zimri Büchling hulle staal wys, tewyl Kayla Meyer, Elrize Richert en Petra-Marié Arnoldi in die junior voorbereide afdeling sal meeding.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button