
Reinardt Vorster het op Vrydag en Saterdag, 13 en 14 April aan die finale proewe vir die span van Sanssu, “South African National School Shooters Union”, wat na Engeland gaan toer, deelgeneem.
Reinardt het ’n telling van 1422 uit 1600 behaal en 11de in die kompetisie geëindig.
Hy kon ook tydens die lêposisie met ’n besondere telling van 200 uit 200 op sy skietkaart spog.
Reinardt het op een punt na nie die span gehaal nie en is as die amptelike reserwe aangewys.
Die derde algemene prysskiet het op 19 en 20 April by Hoërskool Ermelo plaasgevind.
Lees ook: Ermelo Hoërskool bied hulle jaarlikse interne redenaarskompetisie aan
Die EHS-skuts se uitslae is:
Reinardt Vorster 1 442, John-Henri van Zyl 1 259, Hendrea van Zyl 1 147, Renel Swanepoel 1 146, Christian Venter 1 065 en Eloise Prinsloo 1 049.
In die pistoolafdeling het Rico Jordan 575 uit 800 behaal.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



