NewsSchools

Ligbron Akademie vir Tegnologie se seunshokkiespanne blink uit tydens ligawedstryde

Ligbron Akademie vir Tegnologie se seunshokkiespanne vaar goed tydens die ligawedstryde.

Die seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope week onderskeidelik teen Hoërskool Standerton en Hoërskool Ermelo te staan gekom.

Die 0/14-span het Woensdag, 16 Mei ’n vriendskaplike wedstryd op Standerton teen Hoërskool Standerton se 0/16-span gespeel en die wedstryd met 2-1 beklink.

Die 0/16A-span en eerstespan het op 17 Mei kragte met Hoërskool Ermelo gemeet as deel van hul ligawedstryde.

Die 0/16-span het vir niks teruggestaan nie en die wedstryd oorheers met ’n eindtelling van 5-1.

Ligbron se eerstespan het seker gemaak hulle neem die voortou. Die Liggies het teen die einde van die wedstryd met drie doele voorgeloop toe EHS in die laaste sekondes daarin geslaag het om ’n doel aan te teken. Ligbron se eerstespan het die wedstryd met 3-1 gewen.

Marius Ferreira van Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste seunshokkiespan probeer om ’n verdediger van Hoërskool Ermelo te ontduik en bal besit te behou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button