GeneralNews

Ermelo swembad speelgrond vir vandale

“Dit is werklik ’n hartseer gesig om te sien hoe vervalle die plek geword het, dit was ’n groot aanwins vir ons kinders in die dorp”

Daar is al menige kere oor die vervalle en verlate toestand van Ermelo se munisipale swembad geskryf.

Die Hoëvelder het onlangs van ’n anonieme bron inligting ontvang dat daar ’n donasie aan die Msukaligwa Munisipaliteit gemaak is vir die opknapping van die swembad.

Daar is navrae by die munisipaliteit gedoen oor of daar wel gelde ontvang is wat van dié geld geword het en of daar enige planne is om die perseel op te knap.

Die swembad is in die laat 1980s gebou en die inwoners van Ermelo beskryf dit as ’n plek waar vriende vir ure lank saam kon lag en speel.

“Dit was die lekkerste plek om te wees toe ons kinders was, dit is ’n skande dat die munisipaliteit toegelaat het dat die swembad so agteruit gaan,” het ’n inwoner van Ermelo gesê.

“Hulle moet ’n toegangsfooi vra om by die Petdam in te gaan. Dit was altyd so lekker piekniekplek gewees”

Sedert die swembad se verval, is dit gevandaliseer en besteel.

In die swembad is onkruid en grasse besig om deur die teëls te groei in stilstaande water wat groen van kleur is.

Daar is byna geen vensters oor op die perseel nie en selfs die dak word stuk-vir-stuk gesteel.

Elektriese toebehore en badkamergeriewe bestaan nie meer nie.

“Dit is werklik ’n hartseer gesig om te sien hoe vervalle die plek geword het. Dit was ’n groot aanwins vir ons kinders op die dorp,” het ’n ander inwoner gesê.

Dié inwoner het bygevoeg dat die perseel ’n seer oog vir die gemeenskap geword.

’n Ander inwoner het haar misnoë uitgespreek oor die konstante byeenkomste wat buite die swembad en Petdam gehou word.

Sy het genoem dat dit tot vroeg oggendure aangaan en dat dit die rus in die omgewing verstoor.Hou die Hoëvelder dop vir meer inligting oor die toekoms van die munisipale swembad.

Die Hoëvelder het navrae gedoen by die plaaslike munisipaliteit, maar geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button