GeneralNews

Vroue Landbou Unie Millenium-tak vir Vrouedag by Ermelo Hoërskool se Landbou saal

Die vroue van die tak het Vrouedag gevier deur elk ’n self gemaakte handruiker na die vergadering te vat wat na die tyd uitgedeel is

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Millenium-tak het Woensdag, 8 Augustus hul maandelikse byeenkoms by Ermelo Hoërskool se landbousaal hou.

Die vroue het Vrouedag gevier deur elk ’n selfgemaakte handruiker na die vergadering te neem wat na die tyd uitgedeel is.

Me. Hettie Grey het twee kompetisie-items wat ’n patatkoek was, beoordeel en punte gegee vir die baksters.

Sy het ook vir die groep vroue gewys hoe om versiersuikerblomme te maak.

Die spreker vir die dag was me. Annatjie Moolman.

VLU Millenium se volgende vergadering is Woensdag, 12 September en hulle nooi belangstellende om die vergadering by te woon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button