GeneralNews

Ermelo gimnaste berei voor vir proewe

Tydens hierdie proewe word die span gekies wat Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap sal verteenwoordig.

’n Groep gimnaste verbonde aan Ermelo-gimnastiek, oefen hard ter voorbereiding van die Mpumalanga-gimnastiekproewe wat Saterdag, 8 September in Mbombela plaasvind.

Tydens die proewe word die span gekies wat Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan verteenwoordig.

Hulle het reeds aan twee vriendskaplike kompetisies in Kemptonpark deelgeneem waartydens Nikao du Toit goue medaljes verwerf het.

Adri van der Merwe het ’n silwermedalje op 27 Julie ontvang.

Handré Nel, Jakus Olivier, Khayzek du Toit, Zoë-Anne Damons, Tracey-Lee van de Venter en Larissa Swart het tydens die kompetisie wat op 18 Augustus plaasgevind het, silwermedaljes verower.

“Ons wens die groep gimnaste baie sterkte toe vir die proewe wat voorlê,” het die gimnastiekafrigter, me. Thina van Rensburg, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button