Ermelo Hoërskool se gr. 10-landbouleerders het Donderdag, 30 Augustus die geleentheid gehad om saam met mnr. Leon Saaiman by die Kleynhans-Voerkraal eerstehandse ondervinding op te doen.
Hulle het praktiese oefening gekry oor hoe om kalwers vir ’n voerkraal voor te berei.
Mnr. Henry Leonard, van Zoetis, het ook die leerders meer oor veemedisyne geleer en die produkte wat gebruik word.
Elke leerder het ’n kalf gekry om in te ent, te doseer en ’n oorplaatjie in te sit. Hulle het ook meer oor die algemene hantering van diere in ’n voerkraal geleer.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



