GeneralNews

Ermelo Tuinbouklub geniet heerlike oggend saam met Arina Duvenhageen en leer meer oor vrugtebome

Omdat die tuinbouklub die uitdaging gestel het om ’n duisend bome voor November in en om Ermelo te plant, is me. Duvenhage gevra om ook ’n klas aan te bied oor die plant van bome.

Ermelo Tuinbouklub het Woensdag, 26 September saam met me. Arina Duvenhage gekuier en meer oor vrugtebome geleer.

Me. Duvenhage is ’n kundige in die kweek van gesonde groente en vrugte.

Haar roeping om na die kos wat mense eet, te kyk, het begin toe sy ’n paar jaar gelede met kanker gediagnoseer is.

Sy is passievol daaroor dat elkeen self kos moet kweek en dat dit nie moeilik moet wees nie.

“Elke keer dat Arina die Ermelo Tuinbouklub en Tuingroep besoek, is elkeen wat na haar luister opnuut entoesiasties om haar raad te volg,” het me. Elmarie Cilliers gesê.

Me. Duvenhage beoog om Ermelo elke drie maande te besoek.

Instussen besoek sy ook Bethal en Standerton, en ander streke waar sy haar raad deel.

Omdat die tuinbouklub die uitdaging gestel het om ’n duisend bome voor November in en om Ermelo te plant, is me. Duvenhage gevra om ook ’n klas aan te bied oor die plant van bome.

Sy het die geleentheid gebruik om die Espalier-metode aan die vroue te verduidelik.

Die publiek is gevra om hande te neem en ook opnuut na bome te kyk. Die projek se tema is plant vandag ’n boom vir môre.

Vir meer inligting oor die tuinbouklub, skakel me. Cilliers by 079 690 0330.

Lede van Ermelo Tuinbouklub geniet die oggend saam met me. Arina Duvenhage in Izimbali se raadsaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button