Werknemers van ’n bekende onderneming in Wesstraat het Maandagoggend, 15 Oktober ’n onaangename gesig te gemoed gekom met hulle aankoms by die werk.
Die kantoor se onderste vloer was onder rioolwater met dreine in dieselfde straat wat verstop is.
Volgens een van die direkteure van die maatskappy het hy die probleem reeds Sondagoggend, 14 Oktober by die Msukaligwa Munisipaliteit gerapporteer.
Die onderneming in Westraat se vloer is onder rioolwater nadat daar reeds die vorige dag ’n verstopte drein by die Msukaliga Munisipaliteit gerapporteer is.
Die personeel het wel die Hoëvelder in kennis gestel dat munisipale werkers, Maandagoggend omstreeks 10vm aan die probleem begin werk het.
Teen die tyd dat die munisipale werkers aan die verstopte dreine begin werk het, het die onderneming reeds skade gely.
Die skade kon teen druktyd nog nie bepaal word nie.
Die onderneming in Westraat se vloer is onder rioolwater nadat daar reeds die vorige dag ’n verstopte drein by die Msukaliga Munisipaliteit gerapporteer is.Die onderneming in Westraat se vloer is onder rioolwater nadat daar reeds die vorige dag ‘n verstopte drein by die Msukaliga Munisipaliteit gerapporteer is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!