GeneralNews

VLU Millenium-tak kuier by de Voetpadkloof

Die piekniekmandjies vir ontbyt het gekreun onder al die lekkernye en die vonkelwyn was op die ys,

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Millenium-tak het Woensdag, 14 November vroeg oggend die pad na De Voetpadkloof opgewonde aangepak vir die tak se jaarafsluiting.

Die piekniekmandjies vir ontbyt het gekreun onder al die lekkernye en die vonkelwyn was op ys.

Daar is gestap, geswem en gekuier en me. Hannie Smith en me. Elize Boers het die waterwurm aangedurf.

Me. Smith, voorsitter van die tak het vir middagete boerewors gebraai.

“Hier word bande gesmee en herinneringe gemaak wat nooit vergeet sal word nie.” het een van die lede gesê.

Die tak wens elkeen ’n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button