Local newsNews
Twee beseer in ongeluk op die hoek van Kerk- en Joubertstraat
Die bestuurders van die voertuie en ’n sewe-jarige dogtertjie het geringe beserings tydens die ongeluk opgedoen.
‘n Wit Ford Icon en Toyota Hilux bakkie was Donderdag, 31 Januarie in ‘n ongeluk op die hoek van Kerk- en Joubertstraat.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo Polisie het die bestuurder van die Icon en ‘n sewe-jarige dogtertjie wat saam met hom was, geringe beserings opgedoen.
Na bewering het die bestuurder van die Icon reguit in Kerkstraat gery en die bestuurder van die bakkie regs gedraai toe die twee voertuie bots.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



