NewsSchools

Ligbron seunshokkiespan eindig vierde tydens Noordvaal-uitspele

Ligbron het tydens die uitspele vir derde en vierde plek 6-1 teen Hoërskool Eldoraine verloor

Die 0/14 seunshokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanaf Donderdag tot Saterdag, 25 tot 27 Julie, in Klerksdorp aan die Noordvaal B-divisie-uitspele deelgeneem.

Hulle het ná afloop van die wedstryde die algehele vierde plek beklee.

Die span het die volgende uitslae behaal:

Hulle het gelykop gespeel teen Hoërskool Monument en Hoërskool Merensky met 3-3 en het hul wedstryd teen Hoërskool Roodepoort 3-1 gewen.

In die halfeindronde het die span 5-1 teen Hoërskool Middelburg verloor.

Ligbron het tydens die uitspele vir derde en vierde plek 6-1 teen Hoërskool Eldoraine verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button