Mnr. James Harris van Secunda was die spreker op Ermelo Fotoklub se laaste maandvergadering wat op Vrydag, 25 Oktober gehou is.
Hy was vir ses jaar die Mpumalanga-streeksdirekteur by PSSA en het oor die Sabie-kongres gepraat.
Lede van die klub het tydens dié vergadering, hulle foto’s vir November en Desember ingeskryf, wat deur mnr. Harris beoordeel is.
LEES OOK: Ermelo Fotoklub spog met November se wenfotos
Vir enige navrae en inligting oor Ermelo Fotoklub, kan ’n e-pos gestuur word na ermelofotoklub18@gmail.com.
Maak seker om die Hoëvelder te kry vir al die uitslae van die wenners.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



