CrimeNews

Gewapende rowers kaap man se voertuig en steel kontant op Ermelo

Mnr. Maree het mense gemaan om nie met groot bedrae kontant in hul voertuie te ry nie en sakelui aangeraai om van kontantvervoermotors gebruik te maak.

’n Man, wie se naam vir veiligheidsredes weerhou word, is op 1 Junie in Ermelo deur gewapende mans gekaap.

Hy was by ’n onderneming waar een van die werkernemers van die onderneming, hom vir ’n saamrygeleentheid gevra het.

Die werknemer wou na wat verneem word, geld by die bank gaan deponeer het.

Onderweg na die bank, is hul egter deur vier mans aangekeer.

Die mans was gewapend en het opdrag aan die twee insittendes gegee om uit die voertuig te klim.

Die voertuig is gekaap en die vermeende diewe het met die kontant wat gedeponeer sou word, spore gemaak.

ACSU se beheerkamer is omstreeks 9.47vm van die voorval ingelig waarna hul Romeo 5-reaksiespan na die toneel gehaas het.

Volgens mnr. Bester Maree, van ACSU Sekuriteit op Ermelo,  het hul op hul beurt die polisie om 10.23vm van die insident laat weet.

Ermelo polisiewoorvoerder, me. Carla Prinsloo, het gesê dat die voertuig later gedurende die dag in Uitbreiding 33, Sun City teruggevind is.

“Die kontant was egter vermis.”

’n Saak van gewapende roof is by die Ermelo Polisiestasie geopen.

Mnr. Maree het mense gemaan om nie met groot bedrae kontant in hul voertuie te ry nie en sakelui aangeraai om van kontantvervoermotors gebruik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button