CrimeNews

AfriForum stig buurtwag op Ermelo

Lede wat by dié buurtwag aansluit sal onder meer opleiding ontvang in verskeie modules wat op buurtwagte fokus.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 1 Julie ’n nuwe buurtwag in Ermelo gestig.

Mnre. Heinrich Jansen van Rensburg is as voorsitter aangestel en Frikkie du Plessis die koördineerder.

Ander AfriForum-buurtwagte in die nabye omgewing sluit die Standerton-buurtwag, wat al verskeie suksesse behaal het, in.

“Dié buurtwag vorm deel van ons takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie en ander plaaslike veiligheidsinstansies in tye van nood by te staan,” het mnr. Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder van die Hoëveld, gesê.

Mnr Jansen van Rensburg het gesê: “Ek is baie opgewonde oor die stigting van ons buurtwag en nooi graag die gemeenskap uit om by ons in te skakel.”

“Ons kan nie langer die geveg teen misdaad op die skouers van die polisie alleen laat rus nie – ons moet self betrokke raak.”

Lede wat by dié buurtwag aansluit sal onder meer opleiding ontvang in verskeie modules wat op buurtwagte fokus.

AfriForum bied ook deurlopend opleiding aan die organisasie se buurtwagte om te verseker dat lede binne die raamwerk van die wet optree en het tydens die Covid-19-pandemie telematies opleiding aan die buurtwagte gebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button