Adele en Jacques neem mooiste fotos van wolke
In die ope-afdeling is me. Pikkie de Villiers se foto, Anemonefish, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.
ERMELO – Die Ermelo Fotoklub se lede het op 15 Oktober ’n klubaand geniet, waartydens die lede se foto’s beoordeel is.
Die vasgestelde onderwerp vir die maand was “wolke”, en die lede het almal pratige foto’s ingeskryf.
Me. Adele Smit se foto, Dark cloud brewing, het die juniorafdeling gewen, terwyl mnr. Jacques Kruger se foto, Beautiful clouds, die seniorafdeling gewen het.
In die ope-afdeling is me. Pikkie de Villiers se foto, Anemonefish, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.
Die wenner van die 2-sterafdeling was me. Jane Pretorius met haar foto, Lotus flower and bee.
Dié foto is ook as die algehele wenner van die juniorafdeling aangewys.
Me. Mari Kruger se foto, Swartkopreier, het die 3-sterafdeling gewen.
In die 4-sterafdeling het me. Annamarie du Preez se foto, Draai die krane oop, gewen, terwyl mnr. Leon Drotsky se foto, Ma se wakende oog, die 5-sterafdeling gewen het.
Mnr. Drotsky se foto is ook as die algehele senior wenner aangewys.
Die klub se laaste byeenkomste vir die jaar sal op 12 November en 3 Desember plaasvind.



