Petal and Bloom Mastectomy and Lymph Boutique help vroue in Ermelo
Petal and Bloom Mastectomy and Lymph Boutique is ’n post-mastektomie, borsprostese en limfatiese behandelingspraktyk wat spesialiseer in borsprostese, onderklere, swemklere asook kompressieterapie en hulpmiddels vir vroue.
ERMELO – Oktober is bekend as borskankerbewustheidsmaand, en me. Michelle van der Merwe van Petal and Bloom Mastectomy and Lymph Boutique het met Hoëvelder gesels oor die simptome, risikofaktore en opsporingsmetodes van borskanker.
Borskanker kom voor as ’n kwaadaardige tumor wat uit borsselle vorm en word meer algemeen by vroue gediagnoseer, maar kom wel in rare omstandighede by mans voor.
Me. Van der Merwe vertel dat volgens die Amerikaanse Kankervereniging, borskanker bestempel word as die kankersoort wat die tweede
meeste by vroue wêreldwyd gediagnoseer word, slegs minder as velkanker.
“Na beraming sal een uit elke agt vroue in hul leeftyd met borskanker gediagnoseer word.”
Algemene simptome van borskanker sluit in:
• Verandering in die grootte of vorm van die bors
• ’n Ongewone knop in die bors of armholte
• Bloederige of vreemde afskeiding vanuit die tepel
• ’n Dimpel of verimpeling in die kleur en tekstuur van die vel, soortgelyk aan ’n lemoenskil
• Ingetrokke tepel of afskilfering van vel om die tepel
• Warm gloede, swelling of ongemak in die bors, selde pyn
• Swelling in die boarm of armholte.
Risikofaktore:
• Familiegeskiedenis: ’n nabye familielid (ma/ouma/suster) wat met borskanker gediagnoseer is
• Ouderdom: 40 jaar en ouer mees algemeen, maar kom onder jonger vroue ook voor
• Hormonale faktore: Estrogeen sowel as hormoonbehandeling verhoog risiko
• Lewenstyl: Eet- en drinkgewoontes, ongesonde kosse sowel as alkoholverbruik, asook vetsug verhoog die risiko om borskanker te ontwikkel
• Teenwoordigheid van die BRCA1- of BRCA2-geenmutasie.
Petal and Bloom Mastectomy and Lymph Boutique is ’n post-mastektomie, borsprostese en limfatiese behandelingspraktyk wat spesialiseer in borsprostese, onderklere, swemklere asook kompressieterapie en hulpmiddels vir vroue.
Dié maand bied die praktyk ’n paar opwindende geleenthede vir dames aan.
Dit sal op 29 Oktober in samewerking met Visual Radiology – Shakwana XRays gratis borsondersoeke en ultrasoniese klankgolfondersoeke vir vyf vroue onder die ouderdom van 35 doen.
Skakel 017 518 0052 om jou plek te bespreek.
Daarby saam skenk die praktyk vanjaar vir een vrou ’n borsprostese sowel as die geskikte onderklere wat daarmee gedra word.
Om in aanmerking vir die skenking te kom, moedig die praktyk mense aan om hulle verhaal of die verhaal van iemand na aan hulle te deel, om sodoende genomineer te word.
Plasings kan privaat op Whatsapp by 064 542 0206 gemaak word, of stuur ’s epos na petalbloomboutique@gmail.com
Lees in die Hoëvelder oor maniere om jouself te beskerm deur vroeë opsporing.



