Local newsNews

Heimwee oor die ure wat by die nóú gevandaliseerde Ermelo-dorpsswembad spandeer is

Van die swembad wat in die laat 1980’s gebou is, is daar vandag bykans niks oor nie.

ERMELO – Daar is in die verlede al baie gesê en geskryf oor die toestand van die Ermelo munisipale swembad, wat al jare lank aan die genade van vandale oorgelaat is.

Verskeie pogings is al in die verlede gemaak om by die Msukaligwa Plaaslike Owerheid uit te vind wat die planne vir die fasiliteit is, maar geen behoorlike terugvoering is ontvang nie.

Tydens Hoëvelder se onlangse besoek aan die swembad, is daar opgeglet dat selfs die ingang van die swembad uit die mure verwyder is.

Van die swembad wat in die laat 1980’s gebou is, is daar vandag bykans niks oor nie.

Dit is vol ou, groen reënwater met vullis wat daarop dryf.

SIEN OOK: Verval van Msukaligwa munisipale swembad in foto’s

Gebroke glas lê gesaai oor die vloere, en van die dak is daar nie veel oor nie.

Elektriese toebehore en badkamergeriewe bestaan nie meer nie.

Met heimwee onthou inwoners die dae waar ure hier verwyl is.

Sal daar ooit weer vir inwoners ’n dorpsswembad wees wat hul kan geniet? Dit blyk nie die geval te wees nie.

Die koerant het by die plaaslike owerheid navrae gedoen, maar geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button