Care Bears maak harte oop teenoor CMR Kinder- en Jeugsorgsentrum
Met die hulp van verskeie borge kon hulle die sentrum se vrieskaste weer vul.
ERMELO – Die Care Bears-organisasie het onlangs die nood by die CMR Kinder- en Jeugsorgsentrum (CYCC) raakgesien en dadelik ingespring op soek na borge.
Hulle is ’n vrywilligersgroep wat poog om kinders wat veral mediese noodbehoeftes het, by te staan, en het gevoel dat aangesien die CYCC-sentrum ook na kinders in nood omsien, hulle graag hier ook ’n verskil wou maak.
Met die hulp van verskeie borge kon hulle die sentrum se vrieskaste weer vul.
Die sentrumbestuurder, me. Mari van der Merwe, het elkeen wat ’n bydrae gemaak het, bedank.
Daar word ook beplan om binne die volgende twee weke weer vleis en ander benodighede vir die sentrum in te samel, en enigiemand wat ’n bydrae wil maak, kan me. Marelize Britz by 084 813 0777 of me. Julia Basson by 060 905 7450 skakel.
Me. Van der Merwe het vertel dat die sentrum eiers en rakmelk vir daaglikse gebruik benodig.
Ander benodighede sluit in eiers, ontbytpap en babaprodukte.



