Geliefde Ermelo-dokter sê dis tyd om stetoskoop op te hang
Hulle het hul pasiënte “wat soos familie vir hulle geword het”, vir 36 jaar se getroue ondersteuning, liefde en omgee bedank.
ERMELO – Dr. Kobus Meintjes en sy vrou, Anet is op pad om hul droom te bewaarheid en het die praktyk, Dr. Meintjes en Vennote op 5 November verlaat.
Hulle het vertel dat hulle reeds sedert 2020 op hul beplande toer wou gaan, maar hul liefde vir hul pasiënte en dié se pleidooi om nog aan te bly, het hulle egter nog laat vasbyt.
“Ons het onlangs besluit dat die tyd egter nou aangebreek het, en ons gaan ’n Sabbatsverlof neem en die land toer,” het me. Meintjes vertel.
Hulle is nog onseker vir hoe lank hulle gaan toer, maar plaas al hul vertroue in God om vir hulle weg te baan.
Die egpaar beoog ook om meer tyd aan geloofsbediening te bestee.
Hulle het hul pasiënte “wat soos familie vir hulle geword het”, vir 36 jaar se getroue ondersteuning, liefde en omgee bedank.
“Tannie Rita, Sanet, Gerda, Cornel, Hannalie, Mary Jane, Paulus, Maggie en Margaret dankie vir al die jare se lojaliteit aan die praktyk.”
“Julle is ware staatmakers en ons gaan julle mis.”
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



