Thea-Rita se stryd steeds nie verby nie
Sy sal op 22 November tydens ’n opvolg besoek aan die medici by Steve Bhiko Hospitaal in Pretoria, urodinamiese studies ondergaan.
ERMELO – Me. Thea-Rita Botha (21), wie se niere albei onlangs verwyder is, ondervind nou probleme met haar blaas wat lek.
Dokters het dit op 22 Oktober nadat toetse gedoen is, gevind.
Sy sal op 22 November tydens ’n opvolgbesoek aan die medici by Steve Bhiko Hospitaal in Pretoria, urodinamiese studies ondergaan.
Tydens dié studies word daar gekyk na hoe die onderste urienweg, wat die blaas, sfinkters en uretra insluit, te werk gaan om urine te stoor en vry te stel.
Die familie hoop vir duideliker antwoorde nadat die studies voltooi is, en haar ma, me. Elmarie Nel, het gesê sy sal weer moet leer hoe om haar blaas te gebruik.
Me. Botha is tans by die huis, maar sukkel met hoë bloeddruk.
Sy ontvang drie maal per week dialise om haar bloed te suiwer en die funksie van haar niere wat verwyder is, oor te neem.
Lees meer hieroor in die Hoëvelder.



