Japie Koegelenberg groet Ermelo Gholfklub na 15 jaar
Hy het op 7 Julie 2006 by die klub aangesluit nadat die vorige bestuurder op kort kennisgewing bedank het en die klub dringend na iemand op soek was.
ERMELO – Mnr. Japie Koegelenberg het ná 15 jaar die leisels van die Ermelo Gholfklub aan die einde van Oktober aan mnr. Bart Lombaard oorhandig.
Hy het op 7 Julie 2006 by die klub aangesluit nadat die vorige bestuurder op kort kennisgewing bedank het en die klub dringend na iemand op soek was.
Mnr. Koegelenberg het voorheen vir sowat sewe jaar by B&B Onkruid- en Plaagbeheer gewerk.
Dié werk het vereis dat hy baie uithuisig gewerk het, en hy het die pos by die gholfklub aanvaar om meer tyd by die huis by sy vrou te kan spandeer.
Met geen kennis van gholf het hy ywerig by die klub ingespring.
In sy tyd by die klub was hy verantwoordelik vir al die administratiewe sake daarvan.
Hy het dit geniet om van die top gholfspelers in Mpumalanga te ontmoet.
Hoewel mnr. Koegelenberg nie self gholf speel nie, het hy die wêreld van gholf geleer ken en was dit deel van sy alledaagse lewe.
Hy het met groot lof van almal wat saam met hom gewerk het, gepraat, en het mnr. Eddie Daniel asook al die ander personeel vir die jare lange werksverhoudings bedank.
“Dit was ‘n voorreg om vir Ermelo se gholfgemeenskap aan diens te wees.”
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



