Local newsNews

AGS Groeipunt-gemeente bied 5km pretdraf aan

Die 5km pretdraf sal om 08:00 afskop en inskrywingsgeld beloop R50 vir volwassenes en R30 vir kinders jongers as 12. 

ERMELO – ’n Pretdraf sal op Saterdag, 27 November by die AGS Groeipunt-gemeente op die hoek van Fourie- en Sluiterstraat plaasvind.

Die 5km pretdraf sal om 08:00 afskop en inskrywingsgeld beloop R50 vir volwassenes en R30 vir kinders jongers as 12.

Daar sal ook ’n kompetisie wees tussen ’n rooispan en ’n witspan, so atlete kan hul span kies en volgens die kleur aantrek.

Elke atleet wat die roete voltooi sal ’n medalje ontvang.

Mnr. Rooies Strauss sal as gasspreker by die dag optree en Die Yskasmagnete sal sorg vir vermaak.

Stalletjies met eetgoed sal beskikbaar wees en ’n kinderspeelpark met toesig sal vermaak vir die kinders verseker.

Vir enige navrae kontak me. Linda Minaar by 072 926 0999.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button