Ermelo Outreach Charity wil behoeftige gesinne tydens Kersfees bederf
Hul plan is om ’n Kersdagete-houer saam te stel waarvan die gesinne dan self hulle middag- of aandetes kan voorberei.
ERMELO – Ermelo Outreach Charity beoog om Kersfees vir behoeftige gesinne ’n dag te maak om te onthou.
Volgens me. Chantal Boonstra van die organisasie is daar tans 30 gesinne van sowat 74 mense wat maandeliks ondersteun word.
“Ons benodig die gemeenskap se hulp om vir dié gesinne van ’n spesiale Kersete te voorsien,” het me. Boonstra gesê.
Hul plan is om ’n Kersdagete-houer saam te stel waarvan die gesinne dan self hulle middag- of aandetes kan voorberei.
Die organisasie het reeds ’n borg vir kolwyntjies vir die nagereg.
Die organisasie is ook besig om vir die kinders Kerskouse in te samel en het die gemeenskap se hulp nodig om dit met lekkers en speelgoed te vul.
Twee-en-twintig kinders word deur Ermelo Outreach Charity ondersteun.
Indien enigiemand by dié projek betrokke wil raak, kan hulle me. Boonstra by 072 460 1654 kontak.



