Local newsNews

Ongeluk naby Douglasdam eis een persoon se lewe

Nog ’n persoon was glo vasgevang in die bakkie, maar is deur reddingswerkers uit die voertuig bevry en na die hospitaal vervoer.

’n Botsing tussen ’n bakkie en vragmotor naby Douglasdam (tussen Ermelo en Hendrina) het vanoggend, 9 Desember, die lewe van een persoon geëis.

Nog ’n persoon was glo vasgevang in die bakkie, maar is deur reddingswerkers uit die voertuig bevry en na die hospitaal vervoer.

Besonderhede oor hoe die ongeluk gebeur het, is tans nog vaag.

Die Msukaligwa brandweer- en reddingsdienste, die provinsiale ambulansdienste, polisie en ander rolspelers is tans op die ongelukstoneel.

Mnr. Theo Craven, beheerkameroperateur vir ACSU en die distriksbestuurder vir SACCW Gert Sibande-streek het motoriste ingelig om vertragings en moontlike padsluitings te verwag.

Hy het ook motoriste gemaan om nie die pad vir reddingsdienste; wat na die toneel ontbied is, te blokkeer nie.

Volgens Rene Joubert, Hoëvelder joernalis wat op die toneel is, is daar tans een baan wat motoriste kan gebruik.

Lees meer hieroor in die volgende Hoëvelder.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button