Local newsNews

VLU Talento Mulher bespreek opkomende konferensie in Wakkerstroom

Daar is oor die jaarlikse VLU-konferensie wat op 19 Februarie sal plaasvind gesels, en die lede se artikels is bespreek.

ERMELO – Die lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulher-tak het op 10 Januarie die nuwe jaar met hul eerste vergadering begin.

Volgens me. Sue Nell, voorsitter van die tak, is almal opgewonde oor die jaar wat voorlê, en het hulle reeds die beplanning daarvoor gedoen.

Daar is oor die jaarlikse VLU-konferensie wat op 19 Februarie plaasvind gesels, en die lede se artikels is bespreek.

Al die vroue sien uit na die konferensie wat in Wakkerstroom sal plaasvind.

Die vroue word die geleentheid gegee om verskeie artikels vir verskillende afdelings te maak wat aan elke lid asook die tak punte besorg.

Me. Veronica Bisschoff is as die nuwe voorsitter verkies en sal op 1 Maart die leisels oorneem.

Enigiemand wat by die Talento Mulher-tak wil aansluit, kan me. Sue Nell by 084 889 8597 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button