Local newsNews

Baie reën en haelstorms rig skade aan boere se saailinge

Met brandstof-, kunsmis- en chemikaliepryse wat onlangs die hoogtes ingeskiet het, het boere vanjaar se saailinge gesamentlik met hoë insetkostes geplant.

ERMELO – “Boere lewe oor die algemeen na aan die natuur en ook na aan hul Skepper met die godgegewe opdrag van bewoon, bewerk en bewaar,” lui die woorde van mnr. Henry Geldenhuys, president van die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA).

In die onlangse geval waar boere so baie reën ontvang het, het verskeie probleme opgeduik.

Met brandstof-, kunsmis- en chemikaliepryse wat onlangs die hoogtes ingeskiet het, het boere vanjaar se saailinge gesamentlik met hoë insetkostes geplant.

“Boere kan nie in die lande kom om stikstof te gooi of enige bespuitings te doen nie, wat ‘n negatiewe invloed op hul oeste kan hê,” het mnr. Geldenhuys gesê.

Hy het na die boere in die Vrystaat verwys, wat reeds groot skade met oorstromings en hael wat oeste vernietig het, gely het.

TLU is besig met ‘n projek om hulp aan hierdie boere te verleen, en enige persoon wat ‘n bydrae wil maak, word aangemoedig om TLU se webtuiste te besoek.

Mnr. Geldenhuys het ook gesê dat hulle nie die boere van die Hoëveld-streek wil uitsluit nie, en het genoem dat hulle ook diegene wat groot finansiële skade gaan ly, wil probeer help met dít wat hulle tot hul beskikking het.

“Baie boere is op hul knieë en ons glo dat die skade vir die boere van die Hoëveld nie so groot gaan wees soos elders in die land nie.”

Namens TLU SA het mnr. Geldenhuys vir elke boer sterkte toegewens, en hulle glo en vertrou vir uitkoms vir elkeen wat reeds skade gely het of dalk nog gaan ly.

Mnr. Pieter Pretorius, die streeksvoorsitter van TLU Mpumalanga, wat ook in die Chrissiesmeer-omgewing boer het vertel dat hulle in Desember tussen 250mm en 420mm reën gemeet het.

“Op 31 Desember het Breyton en Chrissiesmeer area 140mm reën en hael gehad, wat groot skade aan veral sojabone en mielies aangerig het,” het mnr. Pretorius vertel.

Hy het bygevoeg dat daar baie versuipkolle in die lande voorgekom het, waar die water steeds staan en  vloedwater van riviere en spruite het skade aan omheinings aangerig, wat al twee en party selfs drie keer herstel is.

Bespuitings van sojabone en mielies is baie moeilik omdat die boere nie in die lande kan inkom met trekkers nie en daar word op sommige plekke van vliegtuie, helikopters en hommeltuie gebruik gemaak om die bespuitings te doen.

“Ons is dankbaar vir elke druppel water en alles is net Genade vanaf God,” het mnr. Pretorius afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button