Local newsNews

“Ons het nie geweet of ons hom ooit weer sal kan vashou nie”

Sy ouers hou hom maar fyn dop vir enige siektes wat dalk mag opduik, aangesien sy longe erg tydens die ongeluk beskadig is.

ERMELO – Sowat vier maande na ’n fratsongeluk wat die Kerswell-gesin se lewe byna tot stilstand geruk het, gaan dit elke dag beter met klein Daniel Kerswell (2).

“Hy is weer sy ou self, vol lewe en vriendelik soos altyd,” het me. Danelle Kerswell, sy ma, gesê.

Daniel het geen nagevolge van die ongeluk, toe hy op 5 September agter die wiel van sy pa se voertuig beland het nie, behalwe vir die snywond wat hy opgedoen het.

“Hy kla nog baie oor die sny en sal dan sê: ‘Pappa-kar my eina gemaak’”.

Sy ouers hou hom maar fyn dop vir enige siektes wat dalk mag opduik, aangesien sy longe erg tydens die ongeluk beskadig is.

Hulle wil hom so gou moontlike daarvoor behandel.

Aydin raak soms histeries as een van die lede van sy gesin seerkry.

“Ons onthou nog elke oomblik van die ongeluk, waar ons magteloos langs sy bedjie gestaan het en nie geweet het of ons hom ooit weer sal kan vashou nie, maar het soveel dankbaarheid dat hy vir ons gespaar is.”

Maak seker om oor jong Daniel se vordering te lees in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button