Local newsNews

Megan Herbst val, stof haarself af en staan weer op – geen uitdaging te groot

Sy het ’n puik wegsprong gehad, maar kort daarna het haar knieg meegegee en het sy geval.

ERMELO – Vir die eerste keer sedert Megan Herbst (10) op 11 Junie met sistemiese jeug- idiopatiese artritis en makrofage-aktiveringsindroom gediagnoseer is, het sy tydens Laerskool JJ van der

Merwe se interhuisatletiekbyeenkoms besluit om haar hardloopskoene weer aan te trek.

Dié deelname was vir haar ouers, mnr. Hennie en me. Joléne Herbst ’n groot verrassing.

Megan sou aanvanklik net aan die velditems deelgeneem het, maar het die middag voor die interhuis haar ouers vertel dat sy tydens die klasuitdunne vierde gekom het en in die klas se aflosspan is.

Net daar het sy besluit om ook die 80 m vir pret tydens die massa-atletiekbyeenkoms aan te durf.

Sy het ’n puik wegsprong gehad, maar kort daarna het sy geval.

“Daar was baie trane, maar sowat 30 min. daarna was sy vasbeslote om aflos te hardloop,” het me. Herbst gesê.

Megan kon nie haar sterker arm met die velditems gebruik nie, maar het met behulp van die onderwysers steeds probeer en haar beste gegee.

Sy het in die halfeindronde van die verspringitem uitgeval.

“Sy mis dit verskrilik om te hardloop en het dit haar missie gemaak om weer aan te gaan waar sy gestop het voor sy siek geword het.”

By die skool gaan dit met Megan elke week beter, en volgens haar ma is al die onderwysers baie tegemoetkomend en behulpsaam.

Maak seker om die volledige berig in die Hoëvelder te lees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button