VIDEO – Irene-Louise van Wyk het ’n boodskap vir Ermeloërs
Devin (4) is deur die Oorinstituut in Pretoria met ouditiewe sinchronisasie disfunksie (ANSD) gediagnoseer.
ERMELO – Die Care Bears nooi die inwoners uit na ’n prettige familieaand ten bate van klein Devin Rheeders, wat dringend ’n koglea-inplanting benodig.
Irene-Louise van Wyk sal die Ermeloërs op 29 April om 19:00 by Signs to See vermaak.
Kaartjies beloop R150 per persoon en verversings sal te koop wees.
Eie drinkgoed kan gerus saamgebring word.
Die geld wat ingesamel word, sal aan die familie wat nie ’n mediese fonds het nie, geskenk word.
Devin (4) is deur die Oorinstituut in Pretoria met ouditiewe sinchronisasie disfunksie (ANSD) gediagnoseer.
Met die ideale ouderdom vir dié operasie wat vier is, begin die tyd teen Devin tel ten opsigte van die doeltreffendheid van die apparaat.
Hoewel Devin twee inplantings benodig wat die gesin sowat R605 575 uit die sak gaan jaag, het Devin se ma, me.
Natasha Rheeders gesê dat net een inplanting reeds ’n groot verskil in sy lewe kan maak.
Die kostes vir slegs een inplanting beloop sowat R375 000.
Vir verdere navrae, kontak me. Marelize Britz by 084 813 0777 of me. Julia Basson by 060 905 7150.



