Local newsNews

Lede van VLU Talento Mulher-tak kom byeen

Me. Veronica Bisschoff wat aan stuur van dié tak staan, het die vroue toegespreek en verskeie belangrike sake is bespreek.

ERMELO – Die vroue van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulher-tak het op 8 Maart hul maandelikse vergadering aangebied.

Verskeie artikels van dié tak wat tydens die jaalikse konferensie plekke behaal het, is daar uitgestal.

Me. Veronica Bisschoff wat aan stuur van sake staan, het die vroue toegespreek en verskeie belangrike sake is bespreek.

Sy het elke lid wat plekke by die konferensie behaal het, gelukgewens.

Me. Sue Nell, me. Bisschoff, me. Junita van Rooyen, me. Amore Harmse en me. Elsabe Harmse het baie goed gevaar.

Me. Elsabe Harmse het ‘n derde plek op provinsiale vlak ontvang en het ook ‘n derde plek in die algehele wenner van die streek ontvang.

Op die puntestelsel was Talento Mulher algeheel vierde uit die agt takke.

Dié tak vier ook vanjaar hul 21ste bestaansjaar en sien uit na die jaar wat voorlê.

Indien enige persoon by hulle wil aansluit, kan hulle me. Elsa de Villiers, skakelbeampte van die tak, by 072 623 5889 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button