Local newsNews

Twee kinders dood in kop-aan-kop-botsing

“Volgens berigte is drie passasiers van die Polo, die maand oue babadogtertjie, ’n 13-jarige seun en ’n 27-jarige vrou op die toneel dood verklaar,” het brig. Mohala gesê.

LOTHAIR – Drie mense, onder wie ’n maand oue babadogtertjie en ’n 13-jarige seun is op 28 Maart dood toe twee voertuie in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke was.

Die ongeluk het omstreeks 15:30 op die R39 naby Lothair plaasgevind.

Volgens brig. Selvy Mohlala, ‘n Mpumalanga-polisiewoordvoerder, het ’n blou VW Polo TSI vanaf Ermelo in die rigting van Lothair gery, toe dit met ’n wit Audi A3-sedan wat van Lothair se rigting na Ermelo onderweg was, reg van voor gebots het.

“Volgens berigte is drie passasiers van die Polo, die babadogtertjie, die seun en ’n 27-jarige vrou op die toneel dood verklaar,” het brig. Mohala gesê.  

Die bestuurder van die Polo en nog twee passasiers, sowel as die twee insittendes van die Audi, het ernstige beserings opgedoen.

Al die beseerdes is na die naaste hospitaal vir verdere behandeling geneem.

’n Saak van manslag is geopen en die Lothair-polisie ondersoek die saak.  

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button