Local newsNews

Hoëvelder bring Maak Ermelo Mooi-projek op die been

Indien jy ’n bydrae maak, neem ’n foto en stuur dit na Wayne van der Walt, die redakteur, by wayne@highvelder.co.za, of skakel ons kantoor by 017 811 2221 sodat ons self ’n foto by jou perseel kan kom neem.

Verskeie sakelui en dorpenaars het tot die besef gekom dat hulle self tot aksie sal moet oorgaan om verdere agteruitgang van die dorp te voorkom.

Daarenteen is daar ook inwoners wat daaraan skuldig is dat hulle tot hierdie agteruitgang bydra.

Sakgrouers en beeste wat gereeld vullissakke oopskeur wat daartoe lei dat rommel die wêreld vol verstrooid lê, help ook nie.

LEES OOK: Morsjors tel op jou papiere!

Dit blyk of morsjorse ook nie bang is vir boetes deur die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se wetstoepassers nie, maar dalk het dit te make met die feit dat daar selde in die verlede al in die verband opgetree is.

Munisipale verordeninge word bloot geïgnoreer en daar is weinig nagevolge.

Is dit nie dalk tyd dat inwoners pa staan vir sake waarin ons wel ’n hand het nie?

Hoewel afvalbestuur die plaaslike owerheid se verantwoordelikheid is, bestaan daar sekerlik ’n omgewingsverantwoordelikheid vir ons almal, nie waar nie?

Om inwoners en ondernemings aan te spoor om nie net terug te deins en te kyk hoe ons dorp verder tot niet gaan nie, wil Hoëvelder ’n Maak Ermelo Mooi-projek loods.

’n Besige Kerkstraat in die nag. (Foto: Wayne van der Walt, Hoëvelder redakteur)

Indien jy as inwoner of ondernemingseienaar uit jou pad gaan om jou perseel, die pad na jou perseel, asook die omgewing en middelman voor jou perseel in stand te hou, wil ons ander deur jou dade ook aanspoor om jou voorbeeld te volg.

LEES OOK: Cattle on the MOOve in Ermelo

Indien jy ’n bydrae maak, neem ’n foto en stuur dit na Wayne van der Walt, die redakteur, by wayne@highvelder.co.za, of skakel ons kantoor by 017 811 2221 sodat ons self ’n foto by jou perseel kan kom neem.

Hoëvelder sal daaroor berig en vir inwoners wys wat jy of jou instansie vir die omgewing gedoen het.

Raak nou betrokke, en kom ons maak Ermelo weer mooi!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button