Local newsNews

Skaapskeerders spook sake uit op plaas Roodewal

Die gees onder die deelnemers was aansteeklik en hulle het mekaar tydens elke item ondersteun en aangemoedig.

ERMELO – Die jaarlikse Mpumalanga Skeerkampioenskap is op 10 Maart op mnr. Japie Celliers se plaas, Roodewal, aangebied.

Sowat 80 deelnemers in handskeer, masjienskeer en wolhantering het sake uitgespook.

Plaaslike boere en beamptes het die beoordeling waargeneem.

Die skape is deur Randall’s Ranch voorsien en die NWKV het mnr. Phillip Randall en mnr. Celliers vir hul bydrae tot die kampioenskap bedank.

“Die kompetisie tussen die deelnemers was baie straf en die gehalte van skeer en wolhantering was volgens mnr. Izak Klopper van die NWKV-skeeropleidingsbestuur, baie goed,” het me.

Annelize Smit van Niekerk, die produksieadviseur vir Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat, gesê.

Die gees onder die deelnemers was aansteeklik en hulle het mekaar tydens elke item ondersteun en aangemoedig.

In die beginnerafdeling vir wolhantering het mnr. Thabo Kane van Simunye Skeerdienste die eerste plek ingeneem, me. Lisa Vierbergen van Vlymskerp Skeerdienste tweede, mnr. Cloete

Oosthuizen van Vlymskerp Skeerdienste derde en mnr. Mlandelene Maqhungene van Simunye Skeerdienste vierde.

Mnr. William Rasmenie van NC Skeerdienste is as die beste vaggooier aangewys.

Die wenner van die juniorafdeling vir masjienskeer was mnr. Jason van der Merwe van Vlymskerp Skeerdienste, met mnr. Kakuli Paolos van Simunye Skeerdienste tweede, mnr. Qolane Khale van

Simunye Skeerdienste derde en mnr. Nkosivunile Dumizweni van NC Skeerdienste vierde.

Mnr. Paolos is ook as die skeerder met die beste gehalte vag aangewys.

Maak seker jy lees die volledige berig in die Hoëvelder vir al die uitslae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button