Tyd en wyl vir Ermelo-fotoklublede
In die seniorafdeling het mnr. Jacques Kruger se “Walking in the Air” die 4-sterafdeling gewen en mnr. Leon Drotsky se “Orion in Kgalagadi” die 5-sterafdeling.
ERMELO – Lede van die Ermelo Fotoklub het vandeesmaand met die tema “Horlosie” gespeel en pragtige foto’s ingeskryf.
Die juniorwenner van die vasgestelde onderwerp was me. Elzaan Myburgh se foto “Tyd” en die seniorwenner was me. Christa Strauss met “Christmas Countdown”.
In die opeafdeling is me. Pikkie de Villiers se “The Wonder Down Under” as die 1-sterwenner aangewys en me. Ventia Rose se “Hawe” was die wenner in die 2-steradeling.
Me. Adele Smit se foto “Sea of Clouds” het die 3-sterafdeling gewen en is ook as die algehele juniorwenner aangewys.

In die seniorafdeling het mnr. Jacques Kruger se “Walking in the Air” die 4-sterafdeling gewen en mnr. Leon Drotsky se “Orion in Kgalagadi” die 5-sterafdeling.
Sy foto is ook as die algehele seniorwenner aangewys.
Lees meer hieroor in die Hoëvelder.