Local newsNews

Inwoners maak ’n verskil op Ermelo

Indien jy uit jou pad gaan om jou perseel, die omgewing en die middelman voor jou onderneming in stand te hou, wil ons ander eienaars deur jou dade aanspoor om jou voorbeeld te volg

ERMELO – Hoëvelder het onlangs die Maak Ermelo Mooi-projek geloods om sakelui en inwoners aan te moedig om die omgewing skoon te maak en te hou.

Kort nadat die koerant op straat verskyn het, het me. Bobby van Strijp van Ermelo Frogfoot geskakel om te sê dat hulle ’n straatskoonmaak vir 2 April gereël het.

Frogfoot en Bulldog Broadband het hande gevat en deur die strate van die dorp gestap om vullis op te tel.

Dit was die eerste geleentheid om hulle Love Your Pond-veldtog af te skop, waardeur Frogfoot die plaaslike gemeenskap bystaan om van die diensleweringskwessies wat deur die gemeenskapslede geïdentifiseer is, aan te spreek.

Hierdie projek se doel is om die gemeenskap te bemagtig en hulle in staat te stel om gesamentlik ’n verskil in hul woonbuurte te maak.

Indien jy uit jou pad gaan om jou perseel, die omgewing en die middelman voor jou onderneming in stand te hou, wil ons ander eienaars deur jou dade aanspoor om jou voorbeeld te volg

Indien jy op hierdie wyse ’n bydrae maak, neem foto’s en stuur dit aan Wayne van der Walt, die redakteur, by wayne@highvelder.co.za, of skakel ons kantoor by 017 811 2221 sodat ons foto’s kan kom neem.

Raak nou betrokke en kom ons maak die dorp weer mooi!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button