Local newsNews

VLU-vroue laat die potte prut

Op hul spyskaart was heerlike koekiefudge, springmielieballe, grondboontjiebrosstafies en Rice Krispie-stafies.

ERMELO – Die vroue van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulher-tak het onlangs die kospotte laat prut ter voorbereiding vir hulle stalletjie by Steve’s Place se musiekfees.

Die fees het op 2 April in eMalahleni plaasgevind en al die vroue se harde werk het soos soetkoek verkoop.

Op hul spyskaart was heerlike koekiefudge, springmielieballe, grondboontjiebrosstafies en Rice Krispie-stafies.

Die vure is aangesteek en hulle het boereworsrolle, sosaties en skilpadjies gebraai.

Me. Katrien Botha, me. Veronica Bisschoff, me. Elsa de Villiers, me. Sue Nell, me. Gugu Fakude en me. Elzabe Harmse het groot pret gedurende die voorbereiding vir die musiekfees se eetgoed gehad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button