Flippie Worst benodig gemeenskap se hulp
“Hy is baie swak en deurmekaar,” het me. Worst vertel kort nadat sy hom op 4 April in die hospitaal besoek het.
ERMELO – Mnr. Flippie Worst (37), ’n welbekende Ermeloër, is op 1 April in Ermelo Provinsiale Hospitaal, met wat hul vermoed lewerversaking mag wees, opgeneem.
Hy het sowat twee weke gelede ernstig siek geraak en sy toestand het by die dag vererger.
Volgens me. Anelle Worst, sy suster, ontvang hy uitstekende sorg in die hospitaal, maar benodig egter hoësorg-versorging.
“Hy is baie swak en deurmekaar,” het me. Worst vertel kort nadat sy hom op 4 April in die hospitaal besoek het.

Mnr. Worst, pa van ’n nege-jarige dogter, het gedurende die Covid-19 pandemie sy werk verloor, en moes noodgedwonge ook hul mediese fonds staak.
Sy familie het onlangs ’n BackaBuddy-rekening geopen om gelde in te samel om die nodige mediese hulp vir hom te kry.
Enige iemand wat ’n bydrae wil maak, kan die skakel volg om ’n donasie te maak, https://bit.ly/3JDMBr3.



