Local newsNews

Flippie Worst oorlede na maand in hospitaal

Volgens me. Anelle Worst, mnr. Worst se suster, het die dokters hul op in kennisgestel dat Flippie nie op die medikasie reageer nie en dat daar niks is wat hulle meer vir hom kan doen nie.

ERMELO – Mnr. Flippie Worst (37), ’n bekende inwoner van die dorp, is op 29 April oorlede.

Hy is op 1 April in die Ermelo Provinsiale Hospitaal met wat hulle vermoed lewerversaking mag wees, opgeneem.

Volgens me. Anelle Worst, mnr. Worst se suster, het die dokters hul in kennisgestel dat Flippie nie op die medikasie reageer nie en dat daar niks is wat hulle meer vir hom kan doen nie.

Sy het op 28 April in ‘n inskrywing op Facebook gedeel dat sy toestand vinnig agteruitgaan en dat hy kritiek is.

“Ons wil almal bedank vir al die omgee, liefde, ondersteuning, oproepe en boodskappe. Die Here het vir Flippie 1:30 vanoggend kom haal na sy Hemel-tuiste,” het me. Worst gedeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button