VLU Talento Mulher vroue kuier saam
Volgens me. Veronica Bisschoff, tak-voorsitter, het al die vroue die praatjie oor die versorging van hul oë en die invloed wat diabetes op mense se oë het, baie insiggewend en behulpsaam gevind.
ERMELO – Die vroue van die Vroue Landbou-unie se Talento Mulher-tak het op 10 Mei hul maandelikse vergadering gehou.
Me. Sadiyya Moolla, ’n oogkundige, was die gasspreker van die aand.
Volgens me. Veronica Bisschoff, die takvoorsitter, het al die vroue die praatjie oor die versorging van hul oë en die invloed wat diabetes op mense se oë het, baie insiggewend en leersaam gevind.
“Na afloop van die praatjie het al die vroue heelwat vrae gehad wat Sadiyya met gemak beantwoord het,” het me. Bisschoff gesê.
Ná die interessante gesprek het die lede hul vergadering gehou, waar hulle terugvoer oor die streeksvergadering en sameroepervergadering gegee het.
Enigiemand wat by die tak wil aansluit kan me. Bisschoff kontak by 083 367 6798 of me. Elsa de Villiers by 072 623 5889.



