Hoërskool Ermelo kondig mnr. en mej. Errie aan
Walter van der Walt is aangewys as die senior mnr. Errie en Mienke Cloete as die senior mej. Errie.

ERMELO – Hoërskool Ermelo se mnr. en mej. Errie 2022 is op 25 Mei tydens ‘n glansgala aangekondig.
Die Errieraad het die leerders die geleentheid gebied om vir mnr. en mej. Errie 2022 in te skryf, onder die tema “From Star to Galaxy”.
Nadat onderhoude met elkeen gevoer is, is 40 finaliste gekies wat aan die gala-aand deelgeneem het.

Volgens mnr. Pieter Grobler, die skoolhoof, het elke deelnemer uitsonderlik vertoon, wat dit vir die beoordelaars moeilik gemaak het om die top plekke aan te wys.
“Baie geluk aan elke deelnemer, die organiseerders en beoordelaars met ‘n skitterende aand. EHS is trots op elkeen wat die verhoog betree het, maar in besonder dié wat plekke behaal het,” het mnr. Grobler gesê.
Walter van der Walt is aangewys as die senior mnr. Errie en Mienke Cloete as die senior mej. Errie.
In die tweede plek was Lood Geldenhuys en Mia Steenkamp, en Billy van der Walt en Deidré van der Meyden was derde.

Die junior mnr. en mej. Errie is De La Rey Hattingh en Wianke Cloete.
In die tweede plek was Joshua du Toit en Mia van Deventer, en Ulric Badenhorst en Ororiseng Sepitla was derde.
Die wenner van mej. Persoonlikheid was Inge Greyling en Gedeon Muteb het as mnr. Fotogenies weggestap.
Die skool het me. Allison van der Walt, wat die deelnemers voorberei het, asook die Errieraadouers vir al die ondersteuning om van die geleentheid ‘n sukses te maak, bedank.

Die borge vir die aand was Bottomless Blessings, Melissa Beauty Within, Beauty Lounge, Blush Models, Mariska’s Salon, Spur, Butr Deli, Mizpah Beauty Salon, La Silhouette Skincare Aesthetics, Wimpy, Yolandi Beauty Clinic en Wildman, en Platteland Aesthetics, Ermelo Dental Care en Jana Strydom Photography het as hoofborge opgetree.




