Vermisde vrou van Ermelo gevind
’n Soektog na Bester is vroeër vanaand (23 Junie) van stapel gestuur, nadat haar man, Ethenne ’n boodskap op verskeie noodgroepe uitgestuur het vir hulp.

OPVOLG – 23 Junie 22:42
Die woordvoerder van die Ermelo polisie, Kaptein Carla Prinsloo, het aan die Hoëvelder bevestig dat Sonja Bester, die vrou wat vroeër vanaand vermis was, gevind is.
“Die vrou is gevind en sy is nou veilig tuis. Baie dankie vir almal se hulp met die soektog,” het Prinsloo gesê.
Vrou van Ermelo vermis
23 Junie 20:18
ERMELO – ’n Soektog na Sonja Bester is vroeër vanaand (23 Junie) van stapel gestuur, nadat haar man, Ethenne ’n boodskap op verskeie noodgroepe uitgestuur het vir hulp.
Volgens die boodskap het Bester in haar metalic grys Nissan Almera, vanaf Mooiplaats gereis na Ermelo.
Haar registrasienommer is HXH 275 MP.

“Het haar orals gesoek, as plaas dit op al die groepe, sy is vermis,” lui die boodskap.
Indien enigiemand inligting het, kontak Ethenne op 084 487 3671.
Hoëvelder het uitgereik na Ethenne, maar nog geen terugvoering ontvang nie.